top of page
20180814_122420

20180814_122420

20180814_125456

20180814_125456

20180814_122420

20180814_122420

20180814_125037

20180814_125037

20180814_122951

20180814_122951

20180814_125122

20180814_125122

Welkom by Hoërskool Uniondale

Oor die jare heen het Hoërskool Uniondale homself bewys as ‘n skool wat omgee vir sy leerders, ouers en die gemeenskap. Met sy plattelandse karakter en ‘n gemeenskap wat die sout van die aarde is, word gebalanseerde leerders  ontwikkel wat werklik ‘n lig vir ander in die samelewing is.

Die trotse familie van onderwysers, leerders, ouers en ondersteuners glo dat die waardes van respek, eerlikheid, regverdigheid en vriendelikheid die fondament vir sukses is. Daar word gestrewe na uitnemendheid met ‘n wye verskeidenheid van aktiwiteite wat aangebied word en fasiliteite van uitstaande gehalte.

Die skool se leuse “Dade en nie woorde” word ‘n werklikheid met die uitstekende onderrig van goed gekwalifiseerde en entoesiastiese onderwysers en uitstaande akademiese uitslae wat jaarliks deur leerders behaal word.

Dit is nie wat jy het of waar jy vandaan kom wat belangrik is nie, die belangrikste is wat in jou is.

Binne jou is die kapasiteit om vriendskappe te smee met ‘n verskeidenheid van mense, om verhoudings te bou wat gegrond is op wedersydse respek. ‘n Gees van samehorigheid, kameraadskap, om mekaar te ondersteun, saam te stap, hindernisse te oorkom en mekaar te waardeer word daagliks by Hoërskool Uniondale geskep.

Ons lewe in ‘n onsekere en veranderende wêreld. Net die met die nodige volwassenheid, volharding en optimisme sal uitstyg bo die hindernisse voor hulle. In die voorbereiding van ons lewe, waar besluite geneem moet word wat jou sal vorm, bied Hoërskool Uniondale jou die geleentheid om waardes uit te leef eerder as om reëls daar te steI wat nagekom moet word.

Wanneer die spreekwoordelike storm woed, wanneer jy met kruispaaie gekonfronteer word op jou lewenspad, is dit jou fondasie, die diep gegronde waardes en sterk karakter wat jou sal lei.

Ons nuutste funksies

  • Facebook Social Icon
  • YouTube Social  Icon

kom en leer

        &

Gaan en dien

My_Social_Media_Page.png

"Dade en nie woorde"

bottom of page